Uitdrukking:
soos ʼn Uilspieël in die maanskyn lyk
Betekenis:
Verspot en onvanpas aangetrek wees
Waar kom dit vandaan?
Uilspieël is die verafrikaansing van die Duitse Til Eulenspiegel, die komiese maar uitgeslape swendelaar. Hy word dikwels bespotlik voorgestel, en die maanskyn-byvoeging is bloot om die beeld te versterk van iemand wat ongewone dinge doen. Spiegel in Nederlandse jagtertaal beteken ook “agterste” – dus “die agterste van ʼn uil”, beslis sware spot.