Uitdrukking: Stapelgek wees

Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
stapelgek wees

Betekenis:
Kranksinnig wees

Waar kom dit vandaan?
Vroeër eeue kon ons taalvoorouers wel sê dat iemand so gek soos ‘n stapel is, wat vandag nie meer sin maak nie, aangesien die betekenis van stapel vir ons verlore geraak het.

Die Nederlandse krekel “kriek” het eeue gelede saam met die sprinkaan ook as ‘n stapel bekend gestaan.

Om stapelgek te wees, was dus om rond te spring soos ‘n kriek of springhaan (soos die insek in Nederlands bekend was).

‘n Soortgelyke intensief wat nooit in Afrikaans posgevat het nie, was pepelsot, wat beteken het om so sot soos ‘n pepel te wees, waar pepel die naam vir ‘n vlinder was en dié insek self ‘n onvoorspelbare vliegpatroon volg. Vandag het ons sprekende voorbeelde van hierdie soort woord in byvoorbeeld hondmak, rateltaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.