Uitdrukking:
Stokkies draai
Betekenis:
Sonder verlof wegbly
Waar kom dit vandaan?
Volgens die meeste bronne kom dit uit Nederlands stukjes draaijen “bedrieg”, maar in Suid-Afrika het dit ‘n veel praktieser herkoms. Kinders het naamlik uit die skool gebly om in die wingerd te gaan help om die wingerdstokkies vas te draai waar dit op die stamme geënt is.