Uitdrukking: stompoor gemerk wees

couple-1768644_1280Woord: stompoor

1. Stompoor gemerk wees. ʼn Oujongnooi wees. Be on the shelf. OUJONGNOOI

ʼn Ou ooi se oor is dikwels stomp gesny as sy nie meer vir teeldoeleindes geskik was nie, en die effe kru toespeling is dan op ʼn oujongnooi gemaak. (Mansvelt heg hierdie verklaring aan skuinsoor gemerk wees.)

2. ʼn Nooi stompoor sny. Maak asof ʼn meisie reeds aan jou behoort. Pretend that a girl already belongs to one. NOOI, VRY

Na aanleiding van die eienaarsmerk op die vee waar die oor op ʼn besondere manier gesny word.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom deur Anton F Prinsloo

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hannah ·

Maroela….nugter weet waar julle alles uitkrap!! :)

Karma….daar is dae wat ek ook wens ek was ‘n STOMPOOR! (Sonde wat ek doen…!)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.