Uitdrukking: te dik vir ʼn daalder

Argieffoto (Foto: Stevepb/Pixabay)

Uitdrukking:
dit is ʼn bietjie (of darem) te dik vir ʼn daalder

Betekenis:
Dit is te erg of moeilik om te glo: Klink sy stories nie soms vir jou ook ’n bietjie te dik vir ’n daalder nie?

Waar kom dit vandaan?
ʼn Daalder (1553, 1540 in die meervoud daelers), afkorting van riksdaalder, was ’n Nederlandse silwermuntstuk wat ongeveer 15c, of sowat 18 pennies, werd was.

Die oorsprong van geldname is vandag nie meer algemeen bekend nie. Die dollar se naam, byvoorbeeld, kom van Joachimsthaler. Dit is ’n afleiding van Sankt Joachimsthal, ʼn dorp in Duitsland waar silwer ontgin is en in 1519 die eerste keer geslaan is.

Die Joachimstaler, uit Hoogduits, het kortweg Taler (later Thaler) geword, in Engels die dollar (1553), en in vroeëre Afrikaans (uit Nederlands) die daalder. Eerste optekeninge in Afrikaans by Pannevis (1880) en Du Toit (1908) in die vorm daler.

As ʼn munt dikker as die daalder was, was dit nie eg nie – en by uitbreiding dus te erg om te glo dat dit die ware Jakob is.

Bronne: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom en Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jzjz05 ·

Ouma het ook die uitdruking gehad as ons vir haar n storie kam vertel wat nie heeltemal globaar was nie, het sy altyd geantwoord ,dink jy nie meskien dit is te dik vir n daller nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.