Uitdrukking: Te hooi en te gras

Argieffoto (Foto: Vlad Chețan/Pexels)

Uitdrukking:
Te hooi en te gras

Betekenis:
Selde

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking dateer uit die Middeleeue en was ʼn tydsbepaling vir die verhoor van sake in die hof, met die betekenis ‘in die voorsomer’ (dit wil sê die hooityd) en ‘in die voorjaar’ (Aprilmaand in Europa, die Grasmaand). Dit beteken eintlik net twee keer per jaar en dus ‘selde’.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.