Uitdrukking: tot die bitter einde toe

Argieffoto (Foto: Tama66, Pixabay)

Uitdrukking:
tot die bitter einde toe

Betekenis:
totdat ʼn mens nie verder kan gaan nie

Waar kom dit vandaan?
Hoewel hierdie uitdrukking eg Afrikaans is, is die bitter daarin van Engelse herkoms. Die oorsprong lê in die seemanstaal. Die bitts van ʼn skip is die bolders waaromheen toue en kettings gedraai is. As die tou ten volle afgewen is, was dit tot op die einde van die bolder, dus tot op die bitter se einde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Casper Labuschagne ·

As ‘n enkel dimensionele verduideliking is die bogenoemde seker voldoende. Maar tot die bitter einde toe het tot die bittere einde asook bittereinders ‘n veelvuldige dimensionele betekenis vir die Afrikaner wat min ander uitdrukkings in die volksmond het. Dit is korrek dat bitter van die seemanstaal afkom, maar die uitdrukking het verseker ‘n algemene gebruik in die volksmond gekry het tydens die Anglo Boereoorlog.

Bittereinders was die benaming in die volksmond vir die burgers wat aangehou veg het nadat die Britse magte al die hoofstede en dorpe ingeneem het, en is waarskynlik ontleen aan President Steyn se woorde, “Wat die ZAR ook al doen, die Vrystaters sal tot die bitter einde veg.” Vir die volgende twee jaar het die boerekommandos aangehou veg en het as bittereinders bekend gestaan. Deneys Reitz verwys ook na bittereinders in sy boek Kommando. Daar was ook ‘n verdere groep bekend as bittereinders wat om 1902 geweier het om oor te gee en verhuis het na Argentinië, Madagaskar, Duits-Wes Afrika en Tangenjika.

Snowball ·

Wat ‘n mooi beskrywende woord is ‘bittereinder’ nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.