Uitdrukking: Tot die bitter einde toe

Uitdrukking:
Tot die bitter einde toe.

Betekenis:
Totdat ‘n mens nie verder kan gaan nie.

Waar kom dit vandaan?
Hoewel hierdie uitdrukking eg Afrikaans is, is die bitter daarin van Engelse herkoms. Die oorsprong lê in die seemanstaal. Die bitts van ‘n skip is die bolders waaromheen toue en kettings gedraai is. As die tou ten volle afgewen is, was dit tot op die einde van die bolder, dus tot op die bitter einde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.