Uitdrukking:
Tussen die reëls lees [na die Engels: read between the lines]
Betekenis:
Gevolgtrekkings maak uit die trant van ‘n teks, nie die letterlike woorde nie
Waar kom dit vandaan?
Vroeër het geheime agente ‘n soort ink gebruik wat onsigbaar was en wat eers deur die ontvanger behandel moes word om dit sigbaar te maak. Suurlemoensap is byvoorbeeld een so ‘n “geheime ink” wat op wit papier moeilik gesien kan word totdat die papier verhit word en die sap verkleur.
As ‘n boodskap net ‘n blanko stuk papier was, sou dit die vyand agterdogtig maak. Die afsender het dus ‘n skynbaar onskuldige booskap geskryf en die geheime woorde tussen die reëls met onsigbare ink aangebring.
Die ontvanger het op hierdie manier die boodskap letterlik dus tussen die reëls kon lees.