Uitdrukking: Van battery verander

Argieffoto (Foto: Mathew Schwartz/Unsplash)

Uitdrukking:
Van battery verander.

Betekenis:
Dit beteken om ʼn ander strategie toe te pas, of die onderwerp van ʼn gesprek te verander.

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking “van battery verander” is uit die krygswese oorgeneem, skryf Spreekwoorde en ander segswyses. In ʼn militêre konteks is ʼn battery die eenheid van artillerie met ʼn aantal swaar vuurmonde (kanonne of wapens) en manskappe wat op ʼn strategiese punt opgestel is om aan te val of te verdedig.

Wanneer die battery in hierdie geval verander word, word die stryd dus op ʼn ander manier benader en aangesê.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Spreekwoorde en ander segswyses, Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.