Uitdrukking: Van lotjie getik wees

Argieffoto Foto: maxisciences.com

Argieffoto Foto: maxisciences.com

Uitdrukking:
Van lotjie getik wees

Betekenis:
Nie heeltemal by jou verstand wees nie

Waar kom dit vandaan?
Die oorsprong is onseker. Nederlandse bronne spekuleer dat dit beteken om ʼn klap van ʼn deel van die kruismas op ʼn driemaster teen die kop te kry – in Nederlands die lorretje, dus van lorretje (ingekort tot lotjie) getik wees. ʼn Ander moontlike verklaring hou verband met die naam vir ʼn mak papegaai, Lori. In Nederlands is daar ʼn uitdrukking van lorretjie gepikt zijn wat beteken “nie reg in jou kop wees nie”. In Afrikaans is gepikt moontlik as getik oorgelewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johannes van der Merwe ·

Die eerste verduideliking “van lorretjie getik,” klink ook of dit moontlik verband kan hou met iemand “het ‘n klap van die windmeul weg.” Of nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.