Uitdrukking:
varkoor gooi
Betekenis:
afluister
Waar kom dit vandaan?
Hierdie “varkoor” is nie die oor van ʼn vark nie, maar verwys moontlik na die mooi, groot aronskelkblom, ʼn soort lelie wat ook as die varkblom bekend is, omdat die vorm daarvan aan die vorm van ʼn vark se oor herinner.
Om varkoor te gooi beteken om af te luister. Terwyl jy met iemand praat, spits jy jou ore en luister fyn na wat daar alles in ʼn ander groepie gesê word.
“Varkoor gooi” kan ook beteken dat jy jou ore oophou om iets te probeer uitvind. “Ek stel belang in ʼn pos by julle. Sal jy asseblief varkoor gooi?”
Soortgelyk aan “om jou oor op die grond te hou”.
Bron: Die tale wat ons praat – taaldinge uit die gewilde radioprogram
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke