Uitdrukking: Vertel dit vir die matrose

Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Vertel dit vir die matrose [na die Engels: Tell it to the marines]

Betekenis:
Ek glo jou nie

Waar kom dit vandaan?
Die marine verskil van die seematroos deurdat hy op land en op see werk en dus in Brittanje as minderwaardig, nóg vis, nóg vlees en daarom dom beskou is. As ʼn storie vir ʼn matroos effens vergesog geklink het, sou hy sê: “Vertel dit vir die marines – hulle is dom genoeg om dit te glo”. Die oorsprong daarvan was Samuel Pepys, die veelsydige Engelse skrywer, reisiger en joernalis, wat stories en staaltjies uit die seevaartlewe en sy omswerwinge aan koning Charles I vertel het. ʼn Offisier in die vloot waaruit die marines later gebore is, het Pepys se verhaal oor vlieënde visse gestaaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marius ·

Matroos is nie “Marines” nie. Dit is “sailor”.

As die spreekwoord was, Vertel dit vir die loods, dan was die vertaling van loods, gebasseer op julle metode, Se dit vir die lugmag.

Ja, vertel dit maar aan die matroos……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.