Uitdrukking:
Vir iemand die kastaiings uit die vuur haal/krap
Betekenis:
‘n Moeilike/Vuil/Gevaarlike werk vir iemand doen
Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking word gewoonlik beskryf as ontleen aan ‘n fabel van Jean de la Fontaine (1621 – 1675). Daarvolgens sou ‘n aap wat kastaiings uit die vuur wou haal, bang was dat hy sou brand en die poot van ‘n hond wat langs hom lê en slaap het, gebruik het. In sommige gevalle blyk dit ‘n aap te wees wat ‘n kat uitoorlê het om vir hom die kastaiings uit te krap. Hy het dit geëet so gou soos wat die kat dit kon uitkrap totdat die huishoudster hulle betrap het. Die uitdrukking was egter reeds in die 16de eeu in Nederlands bekend.