Uitdrukking:
Vol krupsies wees.
Betekenis:
Vol denkbeeldige kwale wees.
Waar kom dit vandaan?
Volgens Spreekwoorde en ander segswyses kom die woord “krupsies” van die Middelnederlands corrupties af. Dit beteken “bederf, veral van die liggaam”.
Bronne: Spreekwoorde en ander segswyses
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red
Is dit nou wat ons altyd “iepiekonners” genoem het? ☺