Uitdrukking: Volstruispolitiek

Argieffoto (Foto: Lynn Greyling/Pixabay)

Uitdrukking:
Volstruispolitiek

Betekenis:
Beleid waarby groot of lastige vrae nie aandag geniet nie.

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die foutiewe opvatting dat dié voël sy kop in die sand steek as daar gevaar dreig. Die volstruis doen dit glad nie. As hy dink dat gevaar dreig, buig hy sy nek parallel met die grond en luister aandagtig. As daar gevaar is, hardloop hy weg – tot 64 km/h, volgens een bron. Mense het gedink dat volstruise hul koppe in die sand wegsteek omdat hulle so laag buig – of omdat dit so kan lyk wanneer hulle hul eiers versorg wat in ʼn holte in die grond lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.