Uitdrukking: Watter fiasko!

'n Glas word in Venesië gemaak (Museum of Glass) Foto: Venice Water Taxi)

‘n Glas word in Venesië gemaak (Museum of Glass) Foto: Venice Water Taxi)

Uitdrukking:
Watter fiasko!

Betekenis:
Gesê wanneer iets ʼn mislukking of in ʼn warboel is

Waar kom dit vandaan?
Fiasco is ʼn Italiaanse woord vir ʼn fles of ʼn bottel. Die pragtige produkte van die glasblasers van Venesië is al sedert die 13de eeu wêreldbekend. As daar ʼn fout ingesluip het by die blaas van ʼn delikate kunswerk, is die glas verander in ʼn gewone fles of bottel, dit wil sê ʼn fiasko. Die uitroep is ook oorgedra in die operahuise van Italië: Olá! Olá! Fiasco! is geskree as die gehoor hulle misnoeë te kenne wou gee met ʼn sanger wat die noot nie juis te suiwer hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Ek ken dit as “Wat ‘n fiasko”. Word ook gebruik om klem te lê soos Chernobyl se kern-fiasko en ons eie Medupi-fiasko. Vergeet ook nie ons Eskom-fiasko met die lewering van krag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.