Uitdrukking: Wie sal die kat die bel aanbind?

Uitdrukking:
Wie sal die kat die bel aanbind?

Betekenis:
Wie sal die gevaarlike werk doen?

Waar kom dit vandaan?

Gewoonlik toegeskryf aan ‘n fabel van Esopus: Lank, lank gelede het die katte vergader om te besluit watter stappe hulle moes doen om hulle ou aartsvyande uit te oorlê. ‘n Jong muis het voorgestel dat hulle vir die kat ‘n klokkie om die nek moet bind sodat hy hulle nie op sy geruislose manier kon bekruip nie. ‘n Ou muis het opgestaan en gesê: “Dit klink alles baie goed, maar wie gaan die klok om die kat se nek vasbind? “Daar was natuurlik stilte. “Dit is maklik om onmoontlike dinge voor te stel,.” het die ou muis gesê. Die uitdrukking was al in die Middeleeue in Nederlands bekend, maar ‘n soortgelyke verhaal kom voor in ‘n Griekse vertaling van die Pantschatantra. Laasgenoemde is Indië se invloedrykste bydraes tot die wêreldliteratuur. Dit bestaan uit vyf boeke met dierefabels en towerstories wat tussen die derde tot die vyfde eeu n.C. bymekaar gebring is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.