Uitdrukking: Ysterklou in die grond slaan

Jaco Strauss se Jakkals en Wolf-kuns vir die reeks wat deur Lapa Uitgewers uitgegee is (Foto: strauss-art.com)

Uitdrukking:
Ysterklou in die grond slaan

Betekenis:
Wegvlug/vastrap

Waar kom dit vandaan?

Ontleen aan die stories van Jakkals en Wolf.

Die twee kom eendag op ʼn slapende perd af naby die boer se plaas. Jakkals oorreed vir Wolf om die perd weg te sleep sodat hulle buite sig van die boer die dier kan vreet. Daar en dan maak hy Wolf se stert vas, stap na die kop toe, en skop die perd op die blad. Die perd word wakker en vlieg daar weg – en in die hardloop skop hy Wolf genadeloos.

Jakkals rol van die lag en skree: “Slaan ysterklou in die grond, oom Wolf!”

Die betekenis daarvan is dat Wolf sy naels hard (soos ysterpenne) in die grond moet slaan om die perd te laat stop. Die uitdrukking het ʼn betekenisuitbreiding ondergaan sodat dit ook die weghardloop van die perd insluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.