Uitdrukkings: Al die diewe

diefTaaltoffie ondersoek ʼn paar uitdrukkings in Afrikaans wat die woord “dief” bevat.

Uitdrukking: Diewe besteel mekaar nie
Engels: There is honour amongst thieves
Betekenis: Diewe doen mekaar nie skade aan nie

Uitdrukking: ʼn Deurtrapte dief
Engels: A clever thief
Betekenis: ʼn Besonder geslepe dief

Uitdrukking: Een keer ʼn dief, altyd ʼn dief
Engels: Once a knave, always a knave
Betekenis: As jy eenkeer ʼn misdryf begaan het, behou jy altyd die slegte reputasie

Uitdrukking: Daar is ʼn dief aan die kers
Engels: The candle-wax is dripping
Betekenis: Die kers drup vinniger as wat dit moet

Uitdrukking: Soos ʼn dief in die nag
Engels: Like a thief in the night
Betekenis: Geheimsinnig

Uitdrukking: Elkeen is ʼn dief in sy nering
Engels: Everyone is a thief in his trade; everybody looks after number one
Betekenis: Elkeen probeer die grootste voordeel uit sy beroep haal, al is dit soms op ʼn geslepe manier en ten koste van ander

Uitdrukking: Een dief met ʼn ander dief vang
Engels: Set a thief to catch a thief
Betekenis: ʼn Skelm weet hoe skelms te werk gaan

Uitdrukking: Klein diewe het ysterkettings, groot diewe goue kettings
Engels: Small thieves are hanged, big ones go free
Betekenis: Klein diewe word dikwels gestraf terwyl groot misdadigers dikwels vryspring [byvoorbeeld deur omkopery]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.