Afrikaans het talle uitdrukkings wat die woord “keel” bevat wat na alkoholverbruik verwys. Hier volg ‘n paar:
‘n Droeë keel hê (lief wees vir drank)
Alles deur die keel/keelgat jaag (jou besittings aan sterk drank verkwis)
Keel natmaak (‘n sopie/bier drink)
Die keel smeer (‘n sopie/bier drink)