Uitdrukkings: heuning

Argieffoto (Foto: fancycrave1, Pixabay)

Argieffoto (Foto: fancycrave1, Pixabay)

Uitdrukking: Wie heuning wil eet, moet steke verdra
Betekenis: Wie iets besonders wil hê, moet daarvoor betaal
Engels: No gains without pains

Uitdrukking: Heuning in die mond dra
Betekenis: Vol vleitaal wees
Engels: Drip honey

Uitdrukking: Heuning in die mond, gal in die hart
Betekenis: Agter vleitaal skuil dikwels bitterheid of afguns
Engels: Bees that have honey in their mouths have stings in their tails

Uitdrukking: Iemand heuning om die mond smeer
Betekenis: Iemand vlei
Engels: Butter someone up

Argieffoto (Foto: StockSnap, Pixabay)

Argieffoto (Foto: StockSnap, Pixabay)

Uitdrukking: Heuning is nie soet genoeg vir iemand nie
Betekenis: Iemand is so sedig dat hy niks sê nie
Engels: Butter won’t melt in his mouth

Uitdrukking: Soeter as heuning
Betekenis: Baie soet
Engels: Sweeter than honey

Uitdrukking: Wie heuning uithaal, moet steke verwag
Betekenis: Wie waag, moet moeilikheid verwag
Engels: No pain, no gain; those who play at bowls, must look out for rubbers

Uitdrukking: Heuning op die tong hê
Betekenis: Vol mooipraatjies wees
Engels: Be honey-tongued

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Uitdrukking: Met heuning vlieë vang
Betekenis: Deur vleitaal jou doel bereik
Engels: Wheedle

Uitdrukking: Die heuningkwas gebruik / Met die heuningkwas smeer
Betekenis: Vlei
Engels: Lay it on thick

Uitdrukking: Met die heuningpot rondloop
Betekenis: Vlei
Engels: Drip honey

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.