Uitdrukkings oor grond

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Uitdrukking: Die grond brand onder sy voete
Betekenis: Hy voel ontuis, is nie op sy gemak nie, hy wil weg.

Uitdrukking: Op droë grond val
Betekenis: ‘n Vermaning of iemand se sarkasme het geen uitwerking nie.

Uitdrukking: Op droë grond visvang
Betekenis: Vrugtelose pogings aanwend om ‘n geheim te wete te kom.

Uitdrukking: Grond eet of vreet
Betekenis: Val.

Uitdrukking: Die grond is te koud vir hom
Betekenis: Gesê wanneer iemand ʼn buitengewone mate van respek of aandag geniet.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.