Van lotjie getik wees

Uitdrukking:
Van lotjie getik wees

Betekenis:
Nie heeltemal by jou verstand wees nie

Waar kom dit vandaan?
Die oorsprong is onseker. Nederlandse bronne spekuleer dat dit beteken om ‘n klap van die kruismas op ‘n driemaster teen die kop te kry – in Nederlands die lorretje, dus van lorretjie (ingekort tot lotjie) getik wees. ‘n Ander moontlike verklaring hou verband met die naam vir ‘n mak papegaai, Lori. In Nederlands is daar ‘n uitdrukking van lorretjie gepikt zijn wat beteken “nie reg in jou kop wees nie”. In Afrikaans is gepikt moontlik as getik oorgelewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.