Het jy geweet?
Die uitdrukking “die bruid op elke troue en die lyk op elke begrafnis wil wees” verwys na iemand wat altyd die middelpunt van die belangstelling wil wees.
Hierdie uitdrukking is ingestuur as deel van VivA se Varsgebek-inisiatief. Stuur jou onopgetekende woord of jou sêding en dit word dalk opgeteken vir die nageslag. VivA se Varsgebek-inisiatief verseker dat ons taalskatte nie verlore raak nie!
Stuur jou boodskap aan: [email protected]
*Varsgebekkig is ʼn projek van Maroela Media, Afrikaans.com en die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).