Varsgebekkig: Iemand weet nie waar sy/haar vierkantswortel sit nie

Het jy geweet?
Die uitdrukking “iemand weet nie waar sy/haar vierkantswortel sit nie” verwys na iemand wat deurmekaar is.

Hierdie uitdrukking is ingestuur as deel van VivA se Varsgebek-inisiatief. Stuur jou onopgetekende woord of jou sêding en dit word dalk opgeteken vir die nageslag. VivA se Varsgebek-inisiatief verseker dat ons taalskatte nie verlore raak nie!
Stuur jou boodskap aan: [email protected]

*Varsgebekkig is ʼn projek van Maroela Media, Afrikaans.com en die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wessel ·

As jy nie weet waar dit sit nie, moet jy regtig baie deurmekaar wees.

Barend ·

Uit aanbiedinge op radio en op televisie kom mens agter dat Afrikaans-sprekers se gebruik van en beheer oor ons taal besig is om agteruit te gaan. Behalwe dat hulle Afrikaans deurspek is met Engelse woorde (met sogenaamde kunstenaars op die voorpunt), kan selfs persone wat nog goeie Afrikaans praat, hulle self nie meer uitdruk sonder om selfs ‘n paar keer in te voeg, “soos die Engelsman sê…….” Afrikaners (selfs nuusskrywers) se woordeskat is besig om ernstig te krimp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.