Het jy geweet?
Die uitdrukking “praat ‘n dooie jakkals aan die draf” verwys na iemand wat baie praat.
Hierdie uitdrukking is ingestuur as deel van VivA se Varsgebek-inisiatief. Stuur jou onopgetekende woord of jou sêding en dit word dalk opgeteken vir die nageslag. VivA se Varsgebek-inisiatief verseker dat ons taalskatte nie verlore raak nie!
Stuur jou boodskap aan: [email protected]
*Varsgebekkig is ʼn projek van Maroela Media, Afrikaans.com en die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).
Om ‘n dooie jakkals aan die draf te praat is toe nie so varsgebek nie. Ek is nou 77 en ken die uitdrukking van kindsbeen af. Ons jakkals was net so ‘n bietjie vinniger: Hy praat ‘n dooie jakkals aan die hardloop.