Vooruitgang in my kop

Daar was vroeër ‘n tyd
toe ek baie woorde verkeert gespel het,
toe ek partykeers dialektiese tale gebruik het,
toe ek nie in die regte orde woorde het geplaas nie,
toe ek, sleg, gepunktueer het,
toe ek my tye verwar hê,
toe ek bekende dog verouderde woorde gebruik het,
toe ek oor hoof- en Kleinletters onseker was,
toe ek om elke hoek en draai clichés gebruik het,
toe ek soms ‘n weggelaat het,
toe ek eenvoudig blote toutologieë gebruik en benut het,
toe ek honderde kere per dag katastrofaal oordryf het,
toe ek woordspelings per ongeluk verpleeg het,
toe ek sinne van oor die 100 woorde gekonstrueer het,
toe ek nie op die kykuit was vir Anglisismes nie,
en toe ek dikwels my sinne nie voltooi

Maar deesdae
gebruik ek nooit meer geen dubbele negatiewe nie.
Ek laat nou ‘n voornaamwoord altyd ooreenstem met die woord waarna hulle verwys.
Ek voeg bysinne goed, soos ‘n voegwoord moet.
As ek skryf sal, ek altyd ‘n komma plaas tussen twee werkwoorde wat tot verskillende sinsdele behoort.
Ek skryf nie meer sinne wat aangaan en aangaan nie hulle is moeilik om te lees en ek gebruik voegwoorde.
Ek het basies afgeleer om modewoorde te gebruik.
As ek vir gewone mense skryf, gebruik ek net woorde wat ultrafrekwent is.
Ek voorkom dat ek nie iets anders sê as wat ek wil sê nie.
As my woorde te lank is, of my sinskonstruksiepatroonbou te ingewikkeld is, diagrammatikaliseer ek liewers; met woorde en patroonkonstruksies kan mens maklik deurmekaar raak, en duisend prentjies is een woord werd.
Ek gebruik nie meer kommas, wat onnodig is nie.
Direkte leenvertalings vermy ek – jou oudiënsie vang jou altyd uit.
Ek ken en gebruik die reëls oor deeltekens en apostrofe’s, en ek poefr lees my wrek noutellend, want ek weet hoe korekte speling en sinsbou essensieël is.

Ja, daar IS vooruitgang – in my kop.

Met erkenning aan Gyles Brandreth, The Poet’s Dilemma en Rules of the Game, 1987.

Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.