WAT Woord van die Week: die koeël is deur die kerk

'n Kerkgebou in Beirut ná 'n bomontploffing in die gebied (argieffoto) Foto: Sherry Ott, ottsworld.com

‘n Kerkgebou in Beirut ná ‘n bomontploffing in die gebied (argieffoto) Foto: Sherry Ott, ottsworld.com

Uitdrukking:
die koeël is deur die kerk

Betekenis:
Die saak is afgehandel, daar is niks meer daaraan te doen nie of die saak kan nie meer gered word nie.

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking het moontlik ontstaan uit die gebruik van strydende partye om kerkgeboue te ontsien, sodat met beskieting daarvan deur een van die partye te kenne gegee is dat niks meer ontsien sou word nie. Vroeër kon vlugtelinge in Christelike kerke skuil. Dié reg is egter dikwels geskend en as daar op die kerk geskiet is, het die vlugteling geweet daar kan niks meer aan sy saak gedoen word nie.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marius ·

‘n Engelssprekende vriend van my, wat in Amsterdam woon het my laasweek ‘n interessante vraag gevra: Hy wou by my weet hoe kan hy die Afrikaanse woord “mos” aan mense verduidelik – Engelssprekendes en Hollandssprekendes. Hy sê dis mos so ‘n lekker woord en jy kry dit nie in ander tale nie. Is daar woorde vir “mos” in Engels en Hollands? Jy kry mos nie daai woord in daai tale nie….?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.