WAT Woord van die Week: Sannie van die plaas

Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Sannie van die plaas – idiomatiese uitdrukking (minder gebruiklik)

Betekenis:
‘n Jong dame wat redelik ongesofistikeerd en naïef is: Veral studente wat nie soos Sannie van die plaas wil lyk nie, kan gerus by Izaack ‘n draai gaan maak by die M.D.C. (Burger, 5 Apr. 1995, Vroueb., 12). S.T. is “gemaklik in haar vel” … Ek is nie Sannie van die plaas nie en ek is toe nie ‘n totale koek soos ek altyd gedink het nie (Burger, 19 Mrt. 2008, E).

Uitdrukking:
‘n sieletjie sonder sorg (sorge)

Betekenis:
Iemand wat sorgvry of maklik deur die lewe gaan en hom of haar nie onnodig bekommer nie: Hy was ‘n vrolike vent, my broer, ‘n sieletjie sonder sorge, maar sy vrolikheid het begin afslyt (C. Barnard in Huisgenoot, 1 Okt. 1971, 41).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.