Wolf in skaapsklere

Uitdrukking:
Wolf in skaapsklere

Betekenis:
‘n Skynheilige

Waar kom dit vandaan?
In een van sy fabels vertel Esopus die verhaal van Wolf wat maar gesukkel het om ʼn ou skapie te vang. Die trop het te slim geraak vir hom. Een dag het hy weer so in die veld geloop en wonder hoe hy kos in sy maag gaan kry, toe hy ʼn vergete skaapvelletjie onder die bos sien lê het. Wolf het homself daarin toegewikkel en teen sononder tot by die trop gesluip om so onopsigtelik as moontlik saam met die skapies te wei. Hy was van plan om sy kans af te wag om gou sy aandete te kon vang. Vir ʼn paar aande het dit gewerk, maar een aand het sake lelik begin skeefloop. Toe Wolf so ʼn mollige klein lammetjie in die oog kry en ongemerk nader beweeg, kom die skaapwagter daar aan! Die skaapwagter was ook lus vir ʼn sappige stukkie skaapvleis vir aandete. In die sterk skemer het hy Wolf vir ʼn skaap aangesien en hom net daar keelaf gesny.

In ʼn ander weergawe van dié bloeddorstige klein fabeltjie word Wolf deur ʼn ander wolf vir ʼn skaap aangesien en daar word hy toe dié se aandete.

Die Bybel verwys ook in Matthéus 7:15 na wolwe in skaapsklere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.