Een van die gewoonste mansname, Jan, word in baie uitdrukkings in Afrikaans gebruik:
Jan Alleman (Jan en alleman): die deursneepersoon
Jan Balie: persoon met ‘n groot maag
Liewer bang Jan as dooi(e) Jan: liewer versigtig as dood
Jan Burger: die gewone burger
jandooi: dooierige persoon sonder energie; slaapkous: ‘n regte ou jandooi; so ‘n ou jandooi sal nooit vrou kry nie
jandorie: minder gewoon vir gedoriewaar
jangroentjie: nuweling aan ‘n inrigting; groentjie
janhen: vrouagtige man
Jan Kalbas: sukkelaar
Jan Kieser: die gewone stemgeregtigde burger
janklaas: hanswors, grapmaker
Jan Kompanjie (histories): die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie
Jan Laventel: opgetooide, spoggerig aangetrekte kêrel
Jan Lui: ‘n lui persoon
Mal Jan onder die hoenders: enigste man tussen ‘n aantal dames
Jan Pampoen: niksbeduidende vent, stommerik
Jan, Piet (Paul) en Klaas: elkeen, almal
Jan Publiek: die groot massa
janrap: niksbeduidende persoon; persoon van lae afkoms
Jan Rap en sy maat: elkeen, almal sonder onderskeid; die gespuis
Jan Salie (ook jansalie): papbroek, lamsak; persoon sonder fut
Jan Taks: die minister van finansies of die belastinggaarder
Met Jan Tuisbly se karretjie gaan: nie iewers heen gaan nie, tuisbly – veral teen kinders gesê
OOK:
Jantjie Gou-Gou: haastige persoon
Jantjie Sekuur: besonder presiese, noukeurige persoon
jantjie-sonder-erg: onbekommerde persoon wat ongeërg sy gang gaan
jantjie-van-alles: iemand wat allerhande werkies kan doen; faktotum
Nou wil ek net weet, kan mens dit gebruik? Ek meen nou as ek sê Riaan, Neels, Ek, is ‘n janhen? Of onderaan ‘n artikel. En mag ons dit net soos hier bo in ‘n groep vertoon? Ek het ‘n idee ons mag dit ook net in boeke gebruik. Dieselfde met alle ander soorgelyke spreekwoorde wat soos bv bobbe… of aa..p in het.
My Johannes het ook die noemnaam Jan gekry. Waar hy egter nou oorsee is is dit merendeels ‘n vrouenaam en het hy Johannes geword.