Hy het so aanmekaar gepraat, ál kans wat ek gekry het om my mond oop te maak was om te gaap.
As geld werklik aan bome gegroei het, sou talle mense meermale hoog in die takke gewees het.
Waarom het ‘n spook blou tone? Hy het die emmer geskop.
Toneelspeler 1: “Gisteraand het ek die gehoor aan hulle stoele vasgenael gehad.”
Katterige toneelspeler 2: “Ja, dit is een manier om hulle daar te hou.”
Landdros: “Het jy en jou vrou woorde gehad?”
“Ja, Edelagbare, maar ek het nie tyd gehad om myne gesê te kry nie.”
Verveelde vrou aan haar man: “Ek kan jou soos ‘n boek lees. Ek weet presies wat jy dink.”
Man: “Nou hoekom gaan jy dan nie soontoe nie?”
Kannibaal 1 na die ete: “Dit was heerlik.”
Kannibaal 2: “Ja, my vrou maak regtig lekker bredie. Ek gaan haar baie mis.”
Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998
Ek geniet al die segoed in my eie Afrikaanse taal. Hoop daar kom nog baie. Alles vandag net in Engels, al die fotos van die mooi land het ook in ader taal onderskrifte. Baie dankie vir julle wie ons taal nog gebruik en ook aanstuur na baie mense wie oorsee bly. Goeie werk, dankie julle vegters.
Pietie kom kuier vir Jannie op die plaas. Pietie glimlag, en sê vir Jannie… In die oggend start my pa sy bakkie 5uur, en vannaand 5uur bereik hy die eerste kamp… Jannie krap sy kop so bietjie, en sê: Ja Pietie… My pa het ookal so ‘n “stukkende” bakkie gery…