Is jy ‘n aspirantskrywer? Skryf nou in vir ATKV-skryfskool

skrywerDie jaarlikse Herfsskool vir skrywers word vanjaar weer deur die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit aangebied en bekendes uit die skryfwêreld sal as aanbieders optree.

DATUM: 24 Maart 2014 – 28 Maart 2014
PLEK: Potchefstroom
KURSUSSE: Hoe skryf ek prosa, poësie, rubrieke
KOSTE: R3 000-00 per persoon
SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS: 7 Maart 2014

Herfsskoolgangers kan in 2014 uit drie afdelings tydens die Herfsskool kies: prosa, poësie rubriekskryf. Hierdie afdelings loop gelyktydig tydens die Herfsskool. Vyf dae lank word daar intensief aan jou eie skryfwerk geskaaf deur skrywers, uitgewers, groepleiers en werkswinkelaanbieders. Aan die einde van die Herfsskool word ʼn bywoning-sertifikaat toegeken.

Die drie afdelings van die Herfsskool word in parallelle sessies aangebied, hoewel die hooflesings van skrywers of uitgewers in gesamentlike sessies (aan al die kursusgangers) gelewer word.

Die Herfsskool bied jou nie net die geleentheid om met die skryfkuns, skrywers, uitgewers, joernaliste en kritici kennis te maak nie, maar jy ontmoet ook ander mense wat jou intense belangstelling deel en wat met dieselfde skryfprobleme as jy worstel. Dit maak nie saak op watter vlak jou skryfwerk is nie – of jy nog nooit gepubliseer het nie, en of jy alreeds gepubliseer het – die Skryfskool se mense sal jou skryfwerk help slyp!

Klik hier om te sien wat is die toelatingsvereistes en hoe jy kan inskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.