Kans vir digters, skrywers om te wen

Argieffoto (Foto: Fotografierende/Unsplash)

Digters en skrywers van alle ouderdomme het tot 30 Mei kans om hulle skryfwerk vir Ink Skryf in Afrikaans se jaarlikse dig-en-skryfkompetisie in te stuur.

Dié onafhanklike platform wil met die aanbieding van hierdie kompetisie poësie en kortverhaalkuns van gehalte in Afrikaans bevorder.

“Ek het die platform ʼn paar jaar gelede begin omdat my liefde vir Afrikaans so geweldig groot is. My ervaring was ook dat daar bitter min geleenthede en inisiatiewe vir Afrikaanse dig- en skryfwerk op die internet is,” sê Anzé Bezuidenhout, stigter van Ink Skryf in Afrikaans.

Die algehele wenners in elke kategorie ontvang R3 000 en ʼn trofee, die naaswenners ontvang elkeen R1 000 en ʼn sertifikaat, en die res van die wenners kry erkenning in die vorm van sertifikate.

Ink bied elke jaar ʼn prestige-gala-aand aan waar lede en kompetisiewenners op meriete erkenning vir hul werk ontvang. Die beste gedigte en kortverhale word ná afloop van die kompetisie ook in drie bundels opgeneem: Inkspraak 4, Inkspraak Jeug en Inkspraak 4 Kortverhale.

Die kompetisie word deur ʼn onafhanklike paneel beoordeel en bestaan uit Karen Zoid, Jackie Nagtegaal, Stefaans Coetzee, Anschen Conradie, Salomé Kotzé, Johan Coetzee en Alet Enslin. AfriForum, Groep 7, Academy Bushware, Solidariteit, Pharos Woordeboeke, en Afrikaans.com tree as hoofborge op.

Besoek Ink se webwerf om meer oor die kompetisie te wete te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.