Kerskaartjie op ‘n skip – in Afrikaans!

Voorkant van die Kerskaartjie wat Jurie Kotze aan Maroela Media gestuur het

Voorkant van die Kerskaartjie wat Jurie Kotze aan Maroela Media gestuur het

Jurie Kotze, ʼn Maroela Media-leser wat op ʼn Amerikaanse navorsingskip werk, het ʼn Kerskaartjie ontvang – met Afrikaans daarop gedruk.

“ʼn Noorweegse skeepskonsortium het Afrikaans waardig genoeg geag om Afrikaans in druk te laat verskyn, alhoewel klomp ander tale dalk eerder sou kon kwalifiseer,” skryf Kotze. Hy het die kaartjie aan boord die skip ontvang. Geseënde Kersfees en ‘n gelukkige nuwe jaar verskyn op die voorkant van die kaartjie. Afrikaans is een van agt tale wat op die kaartjie verskyn.

Kotze voeg by dit is ironies dat dit in Suid-Afrika al hoe moeiliker raak om die mees basiese dokument in Afrikaans te kry. Hy meen indien die “cool dude”-Afrikaans sou uitsterf, sou dit net ʼn suiweringsproses wees. “Praat Afrikaans suiwer, dis ‘n pragtige taal en het nie Engelse kruie nodig nie!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ronelle Burger ·

Hoe pragtige en bedagsaam van die Noorweegse skeepskonsortium om so na hul werkernemers uit te reik deur elkeen se “huis” na hulle toe te bring waar hulle ver van al hul families is. Ek glo vir elkeen wat sy boodskap in sy eie taal kon lees, sal hierdie gebaar vir ewig in hul harte bly

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.