Kom kuier saam met ‘Hoezit!’

Die Mei-uitgawe van Hoezit! wat deur die ATKV uitgegee word is nou op die rak. Dié maandelikse voortiener-tydskrif vir ouens en meisies is volgepak met moet-weet inligting, vermaaknuus en tonne kompetisies!

Iron Man pronk op die voorblad – spesiaal vir die vrystelling van The Avengers: die koelste superheldfliek tot nog toe! Daar’s ‘n spesiale vraelys wat lesers sal help om uit te vind watter superheld hulle alter-ego is – is jy Thor, of dalk die Hulk?

In Hoezit! gesels hulle ook met Laura Marano van die splinternuwe Disney Channel-reeks, Austin & Ally, en loer bietjie na die musiek van plaaslike groep Fire through the window.

Ontdek die vreemde wêreld van deurskynende diere, vind uit of jy ‘n intro- of ekstrovert is en maak hope geld met hul entrepreneur-blitsgids! Vind ook alles wat jy moet weet uit oor die watersiklus, en hoekom waterbesparing so lewensbelangrik is.

Lesers kan tonne pryse wen: Happy Feet 2-DVD’s, Fifa Street 4-speletjies, ‘n Alcatel OneTouch-selfoon, Greyson Chance-CD’s en hope boeke, insluitend die Guinness World Records 2012: Gamer’s Edition.
Hoezit! is ook nou beskikbaar as ‘n digitale tydskrif, om afgelaai en gelees te word op jou rekenaar, tablet of selfoon. Klik hier om in te teken.

Jy kan ook op hul Facebook-groep inteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.