Kompetisie vir voornemende skrywers en digters

Argieffoto (Foto: vborodinova, Pixabay)

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied van Maandag 4 Junie tot Vrydag 8 Junie 2018 ’n Winterskool vir opkomende fiksieskrywers aan.

Bekende en bekroonde skrywers en digters, toonaangewende uitgewers van Afrikaanse fiksie en personeel van die ATKV-Skryfskool tree as sprekers, werkswinkelaanbieders en groepsessieleiers op. Die skryf van verhale, gedigte en rubrieke staan in 2018 in die kollig.

Hierdie vyfdag-geleentheid is ’n praktiese slypskool vir enigiemand wat verhale, rubrieke of gedigte wil skryf. Dit word aangebied op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit en die inskrywingsgeld beloop R3 250 per persoon (sonder verblyf; R4 700 per persoon indien 4 nagte deelverblyf ingesluit word). Dié bedrag dek kursusgeld, asook kostes vir verversings gedurende oggend- en middagteepouses, ’n openingsonthaal op Maandagaand 4 Junie en ’n afsluitingsfunksie op Donderdagaand 7 Junie. ’n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar vir kursusgangers wat die opsie vir ingeslote verblyf wil uitoefen. Skakel met mev. Kobie van Aswegen by [email protected] (tel. 018 299 1783) vir meer besonderhede.

Klik hier om vir die Winterskool in te skryf.

Kompetisie:

Die ATKV-Skryfskool bied vanjaar, in samewerking met Maroela Media, ook ’n kompetisie vir skryfwerk in die genoemde genres (verhale, gedigte en rubrieke) aan.

Die wenner in elk van die kategorieë (vir ’n kortverhaal, ’n rubriek of ’n gedig) sal die Winterskool GRATIS kan bywoon (verblyf gedek deur Maroela Media). Die wenners se skryfwerk sal ook op Maroela Media gepubliseer word!

Vir meer inligting hieroor, skakel Kobie van Aswegen by [email protected] (tel. 018 299 1783) vir meer besonderhede.

Sluitingsdatum vir ontvangs van kompetisie-inskrywings: 9 April 2018.

Kom hoor, uit die perd se bek by die Winterskool, hoe om die sukseskoers met jou skrywerskap in te slaan!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Patricia ·

EK het n digbundel bly in mtunzini hoe kan ek my boek inskryf

Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.