Kontreistories: Die kuns van storievertel herleef by Aardklop

My ouma Van Heerden het vir ons kleinkinders laslappiekomberse gemaak. Sy het die lappies gesny van die kombuisgordyne in hul huis op Graaff-Reinet, die tafeldoek van die huis in Colesberg, die rok wat sy gedra het toe sy swanger was op Philippolis … Só het sy haar en oupa se lewensverhaal ingeweef in dié komberse wat nou elkeen ʼn erfstuk geword het.

Ek onthou die stories elke keer as ek na die kombers kyk.

Hoe sal ons kinders ons stories onthou as ons dit nie aan hulle nie vertel nie?

Kom sluit tydens Aardklop by Maroela Media aan waar ons die kuns van storievertel gaan laat herleef met ons produksie, “Kontreistories”.

Johny Klein, wat by verskeie verhoogproduksies betrokke was, maar veral bekend is vir sy vertellings van Ferdinand Deist se kortverhale, gaan die gesprek lei. Fanus Hansen, storieverteller van formaat en tans die dominee by die NG Gemeente Potch-Oos, en Alanka Craffert, ʼn oud-Puk wat ʼn hotelskool en opleidingstrum in die Hoedspruit-omgewing bestuur, sluit by Johny aan op die verhoog.

Kom kuier lekker saam met ons en luister na die mooiste kontreistories deur die beste storievertellers uit die distrik. Ontmoet ook sommer Maroela Media se personeel wat lank al vir jou soos familie voel!

Kaartjies is nou reeds beskikbaar vir “Kontreistories” by Ticketpro vir slegs R100 pp
Wanneer: 25, 26, 27 September 2019, elke aand om 19:30
Waar: Aardklop-feesterrein, by die oop restaurant-area
Koop jou kaartjie

Moenie dié heerlike geleentheid misloop nie!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Carolina - Podiumpret ·

In die Paarl het Podiumpret op 7 September die Tolla van der Merwe Storieverteller van die Jaarkompetisie. Hou ons dop – die volgende stop is Oppiestoep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.