Koop-‘n-Afrikaanse-boek-dag 11 Augustus 2012

Hierdie skrywe is ‘n vroegtydige herinnering dat dit al weer tyd is vir die jaarlikse Koop-‘n-Afrikaanse-boek-dag op 11 Augustus!

Al die groot boekwinkels landwyd neem deel aan hierdie bewusmakingsveldtog deur een of ander vorm van afslag op Afrikaanse boeke aan te bied.

Die Vriende van Afrikaans vra dat alle Afrikaans-liefhebbers op daardie dag ‘n Afrikaanse boek koop uit solidariteit met ons Afrikaanse skrywers, uitgewers en boekwinkels wat sorg dat daar ‘n voortdurende stroom van pragtige Afrikaanse boeke op die mark verskyn. Hou julle ore en oë oop en besluit solank watter boeke jy hierdie jaar gaan koop (en dalk ook sommer ‘n paar as geskenke vir vriende of jou kinders se skool).

Stuur ook vir ons die boekwinkel op jou dorp se kontakbesonderhede aan sodat ons vir hulle plakkate kan stuur wat Die Burger elke jaar skenk. Neem asseblief deel aan hierdie veldtog waarby almal baat!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.