Kry jou storie op die silwerdoek met nuwe kortkursus

 skryfnet-eric-terrade-unsplash.jpg

Foto: unsplash/eric-terrade.com

Is jy ʼn aspirant-draaiboekskrywer, maar jy weet nie waar om te begin nie? Dalk het jy reeds ʼn oorspronklike idee, maar jy sukkel om pen op papier te sit.

Skryfnet bied vanjaar ʼn splinternuwe aanlyn kursus én werkswinkel aan om jou op ʼn opwindende en praktiese wyse touwys te maak om jou kreatiwiteit aan te wakker, jou idee te ontwikkel – en dalk jou storie op die skerm te kry.

Deelnemers kan vir een óf albei van die geleenthede registreer.

Aanlyn kursus

Die agt weke lange aanlyn kursus, Skryf ʼn draaiboek vir ʼn kortfilm, begelei deelnemers om ʼn eenvoudige en treffende idee te konseptualiseer, die hoof- en newekarakters te skep en te verken, ʼn boeiende storielyn en -wêreld te skep, die flimspan akkuraat te begelei en ʼn sinvolle struktuur te skep wat trefkrag het.

tina-kruger.jpg

Dié kursus is ontwikkel deur Tina Kruger. (Foto verskaf)

Die inhoud dek ook temas soos kreatiwiteit en inspirasie, asook praktiese strategieë om die skryf- en redigeertake aan te pak. Die kursus vind aanlyn plaas en deelnemers kan dit teen hul eie pas voltooi.

Dié kursus is ontwikkel deur Tina Kruger, ʼn gesoute vervaardiger, produksiebestuurder en draaiboekskrywer van speelfilms, dramareekse en sepies soos Leading Lady, Vir die voëls, Die Byl 5&6 en Getroud met Rugby 5. Tina is ook programbestuurder by die kykNET Silwerskermfees.

Die veelbekroonde skrywer van lirieke, toneelstukke en draaiboeke, Johann Smith, fasiliteer die kursus en gee deur die loop van die tien weke terugvoer op die deelnemers se werk. Johann het ervaring in die televisie- én teaterbedryf en was onder meer ʼn skrywer vir die sepies 7de Laan en Binnelanders. Hy spog met vyf ATKV-pryse vir die beste tienertoneelteks en ʼn Woordveertjie en kykNET Blou Fiësta vir die teaterprojek Deurnis.

  • Die kursus begin op 1 Julie en duur vir tien weke. Inskrywings sluit op 28 Junie 2024.
  • Die koste van die kursus beloop R3 400 per persoon.
  • Deelnemers ontvang ʼn sertifikaat van Skryfnet as hulle die kursus voltooi.
  • Klik hier om vir die kursus in te skryf.

Die kursus is gemik op aspirant-draaiboekskrywers en draaiboekskrywers wat hul vaardighede wil opskerp.

Eendagwerkswinkel

Hierdie praktiese eendagwerkswinkel word in persoon by Maroela Media se kantore by die Voortrekkermonument in Pretoria aangebied. Tydens hierdie werkswinkel word deelnemers begelei om die fynere aspekte van draaiboekskryf aan te pak. Deelnemers kry ook praktiese wenke hoe om ʼn voet in die bedryf te kry.

johann-smith.jpg

Johann Smith, fasiliteer die kursus. (Foto verskaf)

Die werkswinkel is gemik op deelnemers wat die Skryf ʼn draaiboek-kursus voltooi het, asook aspirant-draaiboekskrywers én skrywers wat hul vaardighede wil opskerp.

Dit word aangebied deur die veelbekroonde skrywer van lirieke, toneelstukke en draaiboeke, Johann Smith, wat ook die aanlyn kursus fasiliteer.

Johann het ervaring in die televisie- én teaterbedryf en was onder meer ʼn skrywer vir die sepies 7de Laan en Binnelanders. Hy spog met vyf ATKV-pryse vir die beste tienertoneelteks en ʼn Woordveertjie en kykNET Blou Fiësta vir die teaterprojek Deurnis.

Om verrigtinge op die dag mee af te skop, sal die gewilde rolprentresensent, akteur, vervaardiger en skrywer, Leon van Nierop, ook aanlyn inskakel om belangrike wenke en inligting oor draaiboekskryf en die rolprentbedryf te deel en dié ervaring nog meer onvergeetlik te maak.

  • Die werkswinkel vind plaas op 31 Augustus 2024 van 09:00 tot 15:00.
  • Die koste vir die werkswinkel beloop R950 en sluit ligte verversings en ʼn middagete in.
  • Deelnemers ontvang ʼn sertifikaat van Skryfnet as hulle die werkswinkel voltooi.
  • Klik hier om vir die werkswinkel in te skryf.

Spesiale aanbod

Deelnemers wat vir die aanlyn kursus én die werkswinkel registreer, sal slegs R3 950 betaal en R400 spaar.

  • Klik hier as jy vir die agt weke kursus én die eendagwerkswinkel wil registreer.

Besoek ook Skryfnet se webwerf vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

 draaiboekskryfnet-aanlynwinkel-12.jpg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.