Kuier saam met skrywers by die Malle BoekBazaar

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Die vyfde Malle BoekBazaar word op 9 Augustus by De Malle Meul in Philadelphia in die Wes-Kaap gehou.

Boekliefhebbers gaan by dié basaar die geleentheid kry om verskeie gespreksessies by te woon oor onder meer die Banting-dieet, die skryf van misdaad- en reisstories en ʼn gesprek met die oud-Springbok Theuns Stofberg, gelei deur die oud-rugbykommentator Jan Snyman, oor sy boek, Stories van die kantlyn.

So lyk die program vir die dag:

  • 10:00 – Misdaadskrywers: Irna van Zyl en Karin Brynard gesels oor hul nuwe publikasies, Moordvis en Tuisland.
  • 11:00 – Die Banting-leefstyl: Elmari Rautenbach gesels met Inè Reynierse oor haar kookboek, Low carb is lekker, en Bernadine Douglas oor haar gids vir permanente gewigsverlies, Die Banting-oplossing.
  • 12:00 – Reisiger: Johan Bakkes vertel van ver plekke in Openbaring.
  • 14:00 – Rugbylegendes: Oud-rugbykommentator Jan Snyman gesels met oud-Springbok Theuns Stofberg oor sy boek, Stories van die kantlyn.
  • 15:00 – Musiek en liriek: Christine Barkhuizen-Le Roux doen voorlesings; en Olga Leonard, Babette Viljoen en Trudie Leonard-Prinsloo speel toonsettings van gedigte uit Skynskadu.

Ander gesprekke in die Koringhuisie:

  • 10:00 – Eric Svenson: Dancing with Dragonflies
  • 11:00 – Francois Griebenow: Herman Charles Bosman: Mafeking Road
  • 12:00 – Francois Verster: Die Groot Drie: Die Burger se spotprenttekenaars

Kaartjies kos R50 per sessie, en kan bespreek word by 021 972 1097/072 668 7901 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.