Lenteskool vir skrywers van romantiese fiksie

Argieffoto (Foto: Hermann, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Hermann, Pixabay)

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA, bied van Donderdag 3 tot Saterdag 5 September 2015 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan. Bekende en bekroonde skrywers van romantiese fiksie, naamlik Kristel Loots en Marilé Cloete (ps. Alta Cloete), asook die LAPA-uitgewers Marlies Haupt en Cliffordene Norton, tesame met Franci Greyling en Bernard Odendaal van die ATKV-Skryfskool, tree as gespreksleiers op. Liefdesverhaalsoorte soos die romanse en liefdesroman kom onder die loep.

Hierdie twee-en-’n-halfdag-geleentheid, aangebied op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit, is ’n praktiese slypskool vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf. Die inskrywingsgeld daarvoor beloop R2 750 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, middagetes, oggend- en middagpouseverversings en ’n boekbekendstellingsfunksie op Vrydagaand 4 September. ’n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar (skakel vir meer besonderhede).

Voornemende kursusgangers moet ’n kortverhaal met ’n romantiese strekking (ongeveer 1 500 woorde) of ’n eerste hoofstuk (nie meer as 3 000 woorde nie) van ’n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum vir inskrywing op Vrydag 21 Augustus 2015 aanstuur na [email protected].

Wil jy die kursus bywoon? Skakel dan dadelik vir Kobie van Aswegen by 018 299 1783, of by bogenoemde e-posadres.

Kom leer onder die leiding van mense wat weet!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lina Nel ·

Stuur asseblief vir my meer inligting.

Baie dankie
Lina Nel
072 221 7073

Sune van Heerden ·

Dagsê Lina

Kontak gerus vir Kobie van Aswegen by die kontakbesonderhede soos aangedui in die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.