Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA, bied van Donderdag 3 tot Saterdag 5 September 2015 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan. Bekende en bekroonde skrywers van romantiese fiksie, naamlik Kristel Loots en Marilé Cloete (ps. Alta Cloete), asook die LAPA-uitgewers Marlies Haupt en Cliffordene Norton, tesame met Franci Greyling en Bernard Odendaal van die ATKV-Skryfskool, tree as gespreksleiers op. Liefdesverhaalsoorte soos die romanse en liefdesroman kom onder die loep.
Hierdie twee-en-’n-halfdag-geleentheid, aangebied op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit, is ’n praktiese slypskool vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf. Die inskrywingsgeld daarvoor beloop R2 750 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, middagetes, oggend- en middagpouseverversings en ’n boekbekendstellingsfunksie op Vrydagaand 4 September. ’n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar (skakel vir meer besonderhede).
Voornemende kursusgangers moet ’n kortverhaal met ’n romantiese strekking (ongeveer 1 500 woorde) of ’n eerste hoofstuk (nie meer as 3 000 woorde nie) van ’n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum vir inskrywing op Vrydag 21 Augustus 2015 aanstuur na [email protected].
Wil jy die kursus bywoon? Skakel dan dadelik vir Kobie van Aswegen by 018 299 1783, of by bogenoemde e-posadres.
Kom leer onder die leiding van mense wat weet!
Stuur asseblief vir my meer inligting.
Baie dankie
Lina Nel
072 221 7073
Dagsê Lina
Kontak gerus vir Kobie van Aswegen by die kontakbesonderhede soos aangedui in die berig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media