Lenteskool vir skrywers van romantiese fiksie

romantiese fiksieDie ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met liefdesverhaaluitgewers soos LAPA en NB, bied van 4 tot 6 September 2014 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan.

Bekende en bekroonde romanseskrywers, asook uitgewers soos Charlene Hougaard en Hester Carstens, tesame met personeel van die ATKV-Skryfskool, tree as gespreksleiers op oor die skryf van liefdesverhaalsoorte soos die romanse.

Hierdie driedag-slypskool, aangebied op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit, is ’n praktiese slypskool vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf. Die inskrywingsgeld daarvoor beloop R2 500 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, middagetes, oggend- en middagpouseverversings en ’n funksie op Vrydagaand, 5 September. ’n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar (skakel vir meer besonderhede).

Voornemende kursusgangers moet ’n kortverhaal met ’n romantiese strekking (ongeveer 1 500 woorde) of ’n eerste hoofstuk (nie meer as 3 000 woorde nie) van ’n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum vir inskrywing op Vrydag 22 Augustus 2014 aanstuur na [email protected].

Wil jy die kursus bywoon? Skakel dan dadelik vir Kobie van Aswegen by 018 299 1783, of by bogenoemde e-posadres.

Kom leer onder die leiding van mense wat weet!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.