Litnet: Afrikaanse woord van die jaar 2015

afrikaans is skerpDie aanlyn gemeenskap www.litnet.co.za het pas sy Afrikaanse woord van die jaar 2015 aangekondig.

Dis ‘n ongewone en verrassende keuse, maar volgens LitNet se redakteur, Etienne van Heerden, is dit ‘n woord wat die tydsgees stip vasvat.

Die wenwoord is #. Dis gekies uit woorde wat direk aan LitNet gestuur is, asook woorde ontvang van LitNet se Woord van die Jaar 2015-ondersteuners (die ATKV, die HAT, Taalkommissie, WAT en Netwerk24).

Maar is dit ‘n woord?

“’n Mens kan die hutsteken (#) as ‘n logografiese woord beskryf wat, soos enige alfabetiese woord, in Afrikaans uitgespreek kan word, op watter wyse dan ook,” verduidelik Ernst Kotzé, emeritus professor in Taalkunde aan die NMMU-universiteit. “Dit volg ook ‘n nuwe tradisie van woordtipes wat deur die gebruik van elektroniese teks ontstaan het, onder andere piktogramme, soos die emoji (“gesiggie met trane van vreugde”), wat deur Oxford Dictionaries in die Verenigde Koninkryk as hulle woord van 2015 gekies is.

Die voorsteller van # as LitNet se woord van die jaar 2015 is Lydia Potgieter. Sy wen R1 000 kontant.

# is gekies uit 15 woorde op LitNet se kortlys. Hierdie woorde is:
• Studente-opstande
• #
• Zunami
• Vlugteling
• SlimWim
• Droogte
• Beurtwater
• Terreur
• Gaydebat
• Afrikaans
• Kakiebosch
• Ekkie
• Poenankies
• Witgeit
• Hommeltuig

Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op sy beurt drie tipes woorde vir die LitNet woord van die jaar-kompetisie oorweeg:

* Woorde wat gedurende 2015 voorlopig opgeneem is in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS);
* Woorde uit die inskrywings wat ontvang is wat verdienstelike kandidate vir opname in die AWS sou wees; en
* Woorde wat deur Taalkommissie-lede genomineer is en wat moontlik in die toekoms ook in die AWS opgeneem sou kon word.

Die belangrikste kriterium wat aangelê is, is of ‘n woord opgeneem kan word in die AWS. Die Taalkommissie se kortlys van woorde van 2015 was:

10. titte of tietie (oudste suster)
9. kleptokrasie
8. hutsmerkaktivis
7. onsie (meervoudige selfie)
6. banting (soort dieet)
5. molla of mansbolla
4. nurk (seekoeie wat -)
3. venue
2. warsender
1. hommeltuig

Laat weet ons gerus in die kommentaar watter woord uit hierdie twee kortlyste jou stem sou kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.