Luister: #HoeNou?!

Die #HoeNou?!-reeks word deur Su-an Müller-Marais, ʼn bekende radio- en TV-aanbieder, en Gerhard van Huyssteen, professor in taaltegnologie en Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit, ontwikkel en aangebied.

#HoeNou?! is ʼn insiggewende oudioreeks wat allerlei alledaagse name, gebruike, kosse en dinge op ‘n pittige manier ondersoek en verduidelik waar dit vandaan kom. Byvoorbeeld:

  • Wanneer en waar het toffielekkers ontstaan en gewild geraak, en hoe het die woord “toffie” in Engels en Afrikaans beland?
  • Hoekom sê ons in Afrikaans jy moet “duim vashou” vir iemand, maar in Engels sê ons “cross your fingers”?
  • Wat is die oudste, of die bekendste liefdesverhaal ooit?
  • Hoekom eet Suid-Afrikaners kerrievis en Paasbolletjies tydens Paasnaweek?
  • Wat is die verskil tussen ʼn epidemie en pandemie, en waar kom die woorde vandaan?
  • Waar kom Worcestershire-sous vandaan?

Dit word moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media. Weeklikse episodes word op verskeie streekradiostasies uitgesaai en is beskikbaar op Afrikaans.com, Maroela Media en HoeNou.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johanna Petronella ·

HOR NOU TERSAKE. KAN DIT NIE OOK SKRIETELIK IN MAROELA VERSKYN NIE VIR DIE DOWES WAT OOK WIL WEET EN LEER. GROOT ASSEBLIEF.

Herpiet ·

Prof Gerhard ek wou nog altyd vra:
Moet die klem van pandemie nie op die laaste lettergreep eindig nie? “Pande -mie” en nie “Pan – demie” nie.

deHAS ·

Gee hulle ‘n kort weergawe wat ek kan lees, podcast is nie vir my nie.

Karinb ·

Heerlike program, hulle laat Afrikaans leef. Groot aanhanger van prof Gerhard.

Benita ·

Prof Gerhard kan jy asb vir ons verduidelik wanneer gebruik jy die woord rondte en ronde. Daar is ‘n didpuut daaroor in Maroela se rubriek.

Phillip ·

Ek liuster elke epesode kyk kortkort of daar n nuwe een is soos n stjepie papier nuteloos n veite maar baie interesant soos waar kom kondesmelk van daan, malfa en malfa lekkers, nies maak jy jou oe toe of oop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.