Volgens Daniel Goosen, Jan-Hendrik Pretorius, Dreyer Swart en Jason van der Merwe van die Afrikaanse Hoër Seunskool se gr. 11-redenaarspan is Afrikaans nog lank nie op haar doodsbed nie. Foto: Esté Meyer Jansen.
David Krynauw, ʼn meubelontwerper, Reuben Riffel, koskenner en sjef, en die entrepreneur Karien van Emmens is van die bekendes wat Donderdag hulle stemme gevoeg het by AfriForum se Studeer en Leer In jou Moedertaal (SLIM) veldtog. Die burgerregte-organisasie het die tweede video in dié veldtog, wat fokus op die belangrikheid daarvan om in jou moedertaal te leer, vandag by Fort Schanskop op die Voortrekkermonument se terrein in Pretoria bekendgestel.
Esté Meyer Jansen van Maroela Media het die geleentheid bygewoon en met David, Alana Bailey van AfriForum en ʼn paar jongmense oor Afrikaans en die veldtog gesels.
Hier is die nuwe lekkerlag- lekkerkykvideo in AfriForum se SLIM-veldtog:
David Krynauw, ‘n internasionale meubelontwerper, is een van die sprekers in AfriForum se jongste SLIM-video. Foto: Esté Meyer Jansen.
Adv. Gretha Engelbrecht het gesê die Suid-Afrikaanse regsbank het al ook uitsprake gemaak oor hoe belangrik ‘n moedertaal as onderrigtaal is, veral Afrikaans. Foto: Esté Meyer Jansen.
Jako Meyer van die groep Moses Metro Man en Tiaan Erasmus sing Jan Blohm se liedjie, “Breyten se Brief”. Foto: Esté Meyer Jansen.
Francois van Rensburg, Edrien Erasmus en Tiaan Erasmus het die gehoor met Afrikaanse liedjies bekoor. Foto: Esté Meyer Jansen.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Ek skenk maandeliks ‘n bedrag aan Afriforum en tog weet ek NIKS van die interessante aksies wat aangebied word nie! Kyk nou bekendstelling by Fort Schanskop. Ek is taal- en drama- onderwyseres en sou dit graag wou bywoon. Ek is net ‘n sms ver! Waarom is my geld goed maar nie my teenwoordigheid nie? Moenie sê ek moet èlke dag ingaan op webtuiste nie – waar’s die tyd? Dienkie (DRUK TOG NET “EK AANVAAR ..” G R O T E R ASB!!!)
Ryan Kommentaar ·
Die konsep van moedertaalonderrig ondersteun ek. Die realiteit is dit is uitdagend is in ‘n land met soveel amptelike tale soos Suid-Afrika.
Die vraag is egter nie, moet dit gebeur nie….. gebeur moet dit wel. Die vraag is hoe doen ons dit vir die land.
Is dit prakties vir elke skool om slegs in een taal te funksioneer?
Enige amptelike taal in Suid Afrika moet inklusief kan voortbestaan en groei.
Tale is om te kommunikeer. Ons gebruik ons tale om mure bou.
Een van ons grootste struikelblokke is ons tale en tog kan dit een van ons land se grootste boublokke wees.
Afrikaans my taal.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
Ek skenk maandeliks ‘n bedrag aan Afriforum en tog weet ek NIKS van die interessante aksies wat aangebied word nie! Kyk nou bekendstelling by Fort Schanskop. Ek is taal- en drama-
onderwyseres en sou dit graag wou bywoon. Ek is net ‘n sms ver! Waarom is my geld goed maar nie my teenwoordigheid nie? Moenie sê ek moet èlke dag ingaan op webtuiste nie – waar’s die tyd? Dienkie (DRUK TOG NET “EK AANVAAR ..” G R O T E R ASB!!!)
Die konsep van moedertaalonderrig ondersteun ek. Die realiteit is dit is uitdagend is in ‘n land met soveel amptelike tale soos Suid-Afrika.
Die vraag is egter nie, moet dit gebeur nie….. gebeur moet dit wel. Die vraag is hoe doen ons dit vir die land.
Is dit prakties vir elke skool om slegs in een taal te funksioneer?
Enige amptelike taal in Suid Afrika moet inklusief kan voortbestaan en groei.
Tale is om te kommunikeer. Ons gebruik ons tale om mure bou.
Een van ons grootste struikelblokke is ons tale en tog kan dit een van ons land se grootste boublokke wees.
Afrikaans my taal.