Luister: Só bemiddel kuns moeilike gesprekke

Dineke van der Walt tydens die Fiëstas. (Foto: Nardus Engelbrecht)

Elkeen wat ʼn meester op sy of haar vakgebied is, is ʼn kunstenaar in Dineke van der Walt se oë en as visuelekunskurator van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) kan ʼn mens haar oordeel beslis vertrou.

In dié podsending gesels Maroela Media met die Kanna-benoemde kurator oor die omvang van haar beroep, die virtuele sprong wat sy in 2020 as nuutaangestelde kunskurator by die KKNK moes maak, asook die belangrike rol wat kuns kan speel om moeilike gesprekke te fasiliteer.

Sy vertel ook meer oor die unieke Aardklop-uitstalling van Liewe Land!, waarin onaangeraakte afdrukke van kunswerke uit die argiewe van die Voortrekkermonument deur kunstenaars soos die legende Diane Victor “herdink” is. Dié uitstalling het vanjaar die Fiësta-toekenning in die visuelekuns-kategorie gewen en kan binnekort virtueel besigtig word.

Verder het sy ook iets te sê vir elkeen wat dikwels na kunswerke kyk en voel dat hulle dit self “beter sou kon doen”.

  • Luister na die volledige onderhoud boaan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.