Maroela Media se 10 gewildste Taaltoffies vir 2019

Hierdie 10 artikels is in 2019 die meeste gelees op Maroela Media se Toetentaal-afdeling.

  1. Taalgebruik: waardeer, waardeur

Argieffoto

Moenie dié twee woorde met mekaar verwar nie. Lees meer.

  1. Die “hart” in Afrikaanse uitdrukkings en idiome

Foto: Jamie Street/Unsplash

Taaltoffie ondersoek verskillende uitdrukkings in Afrikaans wat die woord “hart” bevat. Lees meer.

  1. 10-jarige neem oulikste idioomfoto’s

Altyd op dieselfde aambeeld/hamer slaan (Foto: Jonathan Möller)

Die 10-jarige Jonathan Möller het ʼn oog vir ʼn mooi foto en het uitstekend gevaar in vanjaar se Nasionale Eisteddfod. Lees meer.

  1. Woord van die week: frons

Argieffoto

Waar kom ons aan die woord “frons”? Lees hier.

  1. Gedig: Muskietejag

Argieffoto

“Jou vabond, wag, ek sal jou kry, van jou sal net ʼn bloedkol bly hier op my kamermure …” Lees meer.

  1. Miljarde, biljoene, en triljoene

geld-munte-in-bottel

Foto: Michael Longmire/Unsplash.com

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die gebruik van miljard vir die Engelse “billion” en is dan verward wanneer ekstra nulle bygevoeg word. Lees meer.

  1. Die mooiste woord in Afrikaans

Ons het ʼn paar kreatiewe siele wat elke dag met woorde werk gevra wat vir hulle die mooiste woord in Afrikaans is. Lees meer.

  1. 650 mense vorm ketting om boeke te skuif

Foto: Pioneer Library System/Facebook

Altesaam 650 vrywilligers het skouer-aan-skouer gestaan en ʼn menseketting gevorm om boeke van een biblioteek na ʼn ander gebou te verskuif. Lees meer.

  1. Alles wat jy nodig het vir die beste redenaarstoesprake

Argieffoto (Foto: klimkin, Pixabay)

Petronell Vorster het vir Afrikaans.com ʼn reeks artikels oor redenaars saamgestel om jou en jou kind redenaarservaring te vergemaklik. Lees meer.

  1. Dogter praat oor hel in die Springs-gruwelhuis

“Ek gaan nie om ʼn jammer te kry nie. Ek verwag nie ʼn jammer of ʼn verduideliking vir hoekom hy gedoen het wat hy gedoen het nie. Ek gaan net gaan om vir hom te sê ek het hom vergewe en wat gebeur het, is in die verlede. Dit is nou verby. Ek wil dit nie doen vir hom nie, maar om myself vry te maak daarvan.” Foto: Herman Verwey.

Dit is nou vyf jaar later en Landi is 21 jaar oud en uiteindelik gereed om haar storie te vertel. Haar lewe in die gruwelhuis is vervat in ʼn boek, Huis van gruwels: My 16 jaar in die Springs-hel. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.